Profile
Blog
Photos
Videos
Hi Almal,
'n Geseende Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar aan 'n ieder en 'n elk van jul. Ek hoop jul het 'n fantastiese feestyd en mag net die beste in 2008 vir jul voorle.
Jammer ek was so 'n bietjie stil maar hier volg 'n update...
Ek was bedrywig met die werke gewees jong maar laat ek julle vertel ek was 'n Silver Server by die Riverbank Plaza Hotel gewees, dit was nogal ok gewees om die rykes te bedien, gelukkig was ek nie 'n waiter gewees nie! Hell, dit is UK die, so jy moet mos maar vat wat jy kan kry. Ek het baie vriende en vriendinne gemaak, meestal van hulle is van Poland afkomstig. Nogal cute ... Don't worry lovey, not my type anyway!
Daarna het ek vir AC gewerk. Ek het karre rondgery, nou vir baie van julle sal julle julle neuse voor optrek maar hey, ek like dit om gat te skuur en dit was nou nie juis harde werk nie en die pay was beter.
Ons was by Hyde Park gewees daar rondgetravel maar vir my is dit maar net nog 'n park, Big Ben is net nog 'n gebou. Harrods is net nog 'n winkel. Daar is niks wows aan vir my nie maar ek sal se van die geboue is pragtig maar ek sal nou nie uit my pad gaan om dit te verduidelik nie. Ek het verder nog nie regtig sight seeing gedoen nie maar dit wat ek wel gesien het was genoeg. Even Leiscter Square is nie vir my 'n wow nie, dan praat ons eerder nie van China Town nie, want die naam se dit als.
Vandag op die vooraand van my vertrek terug na SA is ek 'n bietjie hartseer, want ek wil nie regtig meer teruggaan nie, ek begin nou alles gewoond raak hier, selfs die weer! Maar ek mis vir Willie baie en my familie en vriende. Ek gaan terug na 'n plek waar ek hoort. Ek mis boerekos, waatlemoen, sonskyn en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ek het hierheen gekom, almal het gepraat van die UK so ekt vir myself besluit ok Susan Viljoen, lets go and find out wat is so great van die plek.
Dit is 'n plek om aan gewoond te raak maar sodra jy eers vriende gemaak het is dit maar moeilik om terug te gaan huistoe.
Wel ouens, ek hoop dat as ek weer vir my vriendin hier kom kuier in die somer ek julle weer kan update....
Pas julself mooi op tot 'n volgende keer.
- comments


