Profile
Blog
Photos
Videos
Hallo almal,
Julle sal nooit raai wat het gister gebeur nie! Jaco het my gevra om te trou! Jip ek trou September 2009!!!!! So as ek terug is in SA het ek en my vriendin moer baie werk om te doen, eintlik nie so baie nie, want ek gaan iemand kry om my troue te reel, wie wil nou stres op jou hande he, nee dit is 'n dag wat geniet moet word saam familie en jou naaste vriende!
Sjoe wat 'n dag was vandag nie! Ek het vandag by Waltham Forest College my hare laat sny deur my goeie vriend, Ivan en hy het dit vir my gekleur. So ek is nou 'n kort donker kop! Dit was so lekker, daarna het ons bietjie by ASDA gaan rondloop en toe ons by di ehuiskom het hy my hare gestraight en ons het lekker homemade hamburgers vir aandete voorberei. nou gaan ons bietjie vir Hester en Ester Bester kyk!
Geniet julle aand verder tot 'n volgende keer
Ciao
8 Mei 2009
Howdy
Ek en Nats was gisteraand bietjie uit gewees. Het eers 'n draai by Zulus gemaak vir 'n paar drinks en daarna het ons na Roundabout gegaan, naby Trafalgar Square. Maar ek sal julle nou een ding se, die hele clubbing is regtig nie meer vir my nie. Ek dink ek raak nou al bietjies te oud daarvoor, alhoewel dit nice was om al die vreemde mense en kulture te kan sien kuier!
Ek update julle later weer!
- comments