Profile
Blog
Photos
Videos
Hallo almal
Sjoe wat 'n dag was dit nie vandag nie! Dit was eintlik 'n vreeslike lekker dag gewees, lekker sonskyn en by party plekke bietjie koelerig maar eintlik was die weer great gewees!! Ons het bietjie sight seeing gaan doen. Ons het 'n draai eerste gemaak by Hyde Park, dit was fun, ons het op 'n bootjie ook gery op die water. Daarna is ons na Trafalgar Square toe, ongelukkig was die fonteintjie daar nie in werking nie, dit was onder konstruksie, van Trafalgar Square was ons toe na Buckingham Palace, die BP lyk eintlik meer na 'n museum of 'n gebou maar hey, ek was daar gewees! Het die London Eye en Big Ben ook gesien maar sal beide later van naby bekyk.
Oppad terug na die underground het ons gesien hoe word 'n Bollywood movie ook gemaak, maar kon nie die aksie sien nie, net die voorskou, dit was nogal nie te bad nie.
Daarna het ons teruggekeer huistoe, maar met die dat die tubes op party plekke nie gewerk het nie, was dit 'n groot nagmerrie gewees, maar ons is darem veilig en uiteindelik by die huis.
Wayne was lus vir braai, so ons het bietjie gebraai en gaan nou bietjie amper munch
Geniet julle aand en ek hoop al die moeders het hul bederf geniet vandag met Moedersdag.
Ciao tot 'n volgende keer.
- comments