Profile
Blog
Photos
Videos
More Almal
Sjoe wat 'n lang vlug was dit nie gewees nie. 19:45 op 10 Junie 2012 verlaat ons Suid-Afrika per SAA vlug na LHR. Dit was 'n baie lang 11 ure vlug en ongemaklik want die seats is so bloody klein en moet nie eers praat van slaap nie ne! Op LHR het ons vir 4 ure gewag voor ons die volgende vlug na Vancouver geneem het. Nog 'n lang 9:30 ure vlug. Op Vancouver gekom het ons net 'n uur en 'n half gehad voordat ons op die volgende vlug moet wees maar het die Immigrasie ons so besig gehou vir 'n goeie 2 ure of dalk nog langer en het ons ons vlug gemis. Murphy's Law sal dit toe nou he dat die tweede vlug vol was en was ons op standby gewees. Nou moet julle weet ons sou in Vancouver tyd die vlug geneem het van 13:30 die middag maar moes wag om dalk te sien vir 'n opening op die 17:30 vlug later die middag of die 20:30 vlug die aand. Ek was moeg en geirriteerd en wou net huistoe gaan. Arme Caitlyn was so 'n busy body sy't nie geweet wat haar tref nie. Het mamma uitmekaar geskop! Gelukkig is ons gebede verhoor en kon ons op die 20:30 vlug 'n plek gekry het. 'n Uur en 'n half later land ons op Fort St Johns. Dit was 22:00 die aand, daar wag ons vir ons luggage, en raai toe wat, dit het nie gekom met die vlug nie! Gelukkig het dit met die eerste standby vlug al geland en kon ons uiteindelik 22:30 in die Shuttle klim en die lang pad aandurf na ons eindbestemming, Tumbler Ridge. Wat frustrerend was is dat ons nie vinniger as 110 km per uur kan ry nie met die gevolg dat ons maar tussen 90 - 100 km per uur gery het. Ons was 01:30 Dinsdag oggend (Tumbler Ridge tyd) by die huis en het so 02:00 in die bed geklim. Vroeg gisteroggend was dit ons, ons social insurance nommers, bankrekeninge en 'n voertuig en telefoon. Ons het gisteraand 18:30 by die huis gekom. Ek het op die bank aan die slaap geraak en vanoggend eers krag gehad om bietjie my details te update.
Willie is vanoggend vir sy induksie vir die werk en sal seker more of Vrydag begin werk.
Ek mis almal in Suid-Afrika. Hier is die mense vriendelik en ek moet nog gewoond raak dat hier niks omheinings is nie, die karre staan oop en die mense los hul handsakke in die kar of hul huise oop. Hier is nie diefwering eers nie!
Anyway ek sal julle opdatum hou met alles maar moet nou bietjie gaan en tyd op Facebook deurbring en almal invite op bbm ook nog!
Lekker dag vir julle
- comments
maritza Wow...dit klink amazing! Bly jul is veilig. Mis jou al klaar. Geniet dit en kyk mooi na julle self!!!!
Jacomi Bly julle is veilig nig! Geniet dit en hou ons op datum met alles.. xxx
Yolanda Geniet dit. Dit is nogal iets om aan gewoond te raak, die feit dat daar geen heinings is nie! Sjoe!
Heidi Peens Ag dit klink na 'n belewenis, geniet dit, nie elke ou kry so geleentheid nie. Sterkte vir julle daar. Liefde. Heidi xxxx