Profile
Blog
Photos
Videos
Ok, vandag was ons Dawson's Creek toe, nou kom laat ek julle net bietjie inlig, dit is glad nie soos die TV-reeks nie, moet asb nie gevlei voel dat dit is soos in die movies nie. Genade die see is kilometers ver! Die dorp is nou nie vir my so wow nie, dalk het ek nog nie alles gesien nie maar dit lyk maar vir my soos 'n gewone klein dorpie. Ons het gister lekker reen gehad in Dawson en oppad terug Tumbler Ridge toe, maar nie reen op Tumbler nie. Hier is dit in die oggende lekker sonskyn en dan later die oggend raak dit weer bewolk en so bly dit maar deur die heeldag. Af en toe kom die sonnetjie maar bietjie tussen die wolke deur maar die wolke kry die oorhand en verdwyn die sonnetjie maar weer.
Anyway ons het darem reggekom met wiele so nou is ons ook mobile en kan ons kom en gaan soos ons wil en hoef ons nie vir ander hulp te vra nie. Dit is 'n aanpassing om te weet jy't alles in SA gehad en nou begin jy weer van onder af maar aanhouer wen se hulle ne!
Met Caitlyn-liefiekind gaan dit voor die wind. Sy skop so erg die laaste week dat 'n mens sal sweer sy oefen vir een of ander kompetisie of sy wil iemand boks as sy hier uitkom ek wonder maar net wie dit gaan wees! Mamma gee natuurlik nie om nie want dan weet mamma haar liefiekind is OK! Ons sal seker bietjie die Health Centre gaan besoek sodra Willie nou bietjie af is en dan sal ons bietjie kyk na die opset en 'n afspraak maak by Dr Charles Helm, 'n Suid-Afrikaanse dokter glo, hy is ook die beste op die dorp en dan sal ons kan sien hoe gaan dit weer met liefiekind en dan ook sommer uitvind oor die geboorte in Dawson of Tumbler. As dit in Dawson sal wees sal ons tien teen een 'n keiser moet oorweeg maar as die dokter dit in Tumbler kan doen dan sal dit seker normaal wees. Sjoe nou moet ek weer van vooraf besluit hoe ons Caitlyn in die wereld wil verwelkom. Wens net my ouers kon hier gewees het maar ai, Caitlyn word in die herfs gebore so dit gaan maar koud wees en kan mens hul nie na plekke neem regtig nie maar het ek vir Willie gese dat ons dan moet kyk om vir Caitlyn Suid-Afrika toe te neem gedurende Januarie 2013 dan. Ons moet maar net eers kyk hoe lyk sy program of wanneer hy weer kan af kry of sal af wees.
Ons sal seker more hoor hoe werk Willie se skofte, ek hoop hy werk tot Donderdag dan is hy darem weer af vir twee weke voor hy weer gaan begin met seker nagskof. Ai dan moet ek maar alleen slaap maar dan is pappa darem by sy twee meisies in die dag.
Tumbler Ridge is nie 'n vreeslike ou dorp nie, omtrent so 30 jaar wat hy maar bestaan. Maar die dorp is regtig mooi skoon, die nodige is hier en dit is baie veilig hier. Nog nie bere gesien nie en ook nie cyoties nie. Ek het vir Willie gese dat ek dit nie graag wil sien nie, ek sal te bloody bang wees maar dit is 'n belewenis verstaan ek en as ek dit wel sien sal ek julle dadelik daarvan vertel.
Wel, Caitlyn wil nou bietjie aandag he so ek gaan nou bietjie gaan en vir haar aandag gee. Julle moet lekker slaap vir die wat gaan slaap en ek hoop die wat alreeds in die bed is, hoop ek het lekker geslaap.
Tot 'n volgende keer
liefde
- comments


