Profile
Blog
Photos
Videos
Goeie middag almal.
My liefste dierbare man was vandag bietjie af gewees aangesien hy more met sy nagskof vir 14 dae begin. Ons het bietjie gaan rondrits in ons nuwe trokkie en was ons na die Flatbed Waterfalls. Kyk die gaan was ok dit was afdraende maar die teruggaan bakkie toe was nou 'n ander storie. Dit was vrek styl en arme Caitlyn het nie geweet of sy moet kom of gaan soos haar mamma se hart met haar wou weghardloop! Ek het gedink ek gaan die volgende dag lekker styf wees vir Willie gese hy sal maar moet bietjie my voete masseer as ons by die huis kom. Nou ja dit het toe nou nie gebeur nie, ons was eintlik so moeg toe ons by die huis gekom het nadat ons saam met ander Suid-Afrikaners 'n vleisie gebraai het dat dit die laaste op ons gedagtes was!
- comments


