Profile
Blog
Photos
Videos
Hallo!
Vandag was ek en manlief bietjie Chetwynd toe. Dit is 'n klein dorpie so 90 km van Tumbler Ridge af. Daar maak hulle die mooiste houtbeelde. Ek het 'n paar fototjies op Facebook gesit wat langs die pad in die dorp staan.
Oppad Chetwynd toe het ek 'n Grizly beertjie gesien maar was te laat om 'n fototjie te neem. Dit was so cute gewees!
Oppad terug Tumbler toe het ons darem 'n Female Moose gesien ek het ook 'n fototjie op Facebook gesit. Ongelukkig was dit sover die enigste bok wat ek al gesien het in die maand wat ons al op Tumbler is. EK kan nie glo die tyd het al so gevlieg nie.
More gaan ek weer die dokter sien en Saterdag gaan ons Grande Prairie toe, ek sal dan kyk om weer bietjie fototjies te neem van hoe dit daar lyk en die "scenary" langs die pad.
Tot dan
Mooi bly
- comments


