Hi Sue, hoe gaan dit, ekt jou webtuiste gekry, nou kan ek sien wat julle aanvang - ek sien jy is nou gelys as verloof - genade, wie is die gelukkige man!!! Dit lyk asof jy dit geniet. Hoelank gaan jy daar bly!!! Geniet jou dag en groete vir Nats!!!
Chow
Leigh Wakeford (Nee) Nel
Karmen
hallo, hoekom so stil? waar is foto's en nuus? het julle werk gekry? hoe gaan dit met julle verblyf probleem?
Marietjie
Hi Susan
Die fotos is stunning. Jy beter vir ons almal nog oplaai.
Ek raak sommer jaloers as ek sien wat julle alles aanvang.
Lekker bly
Annemarie
Hi Jy !!!!
Luik y dinge gaan goed daar, dis lekker om te kan sien hoe jy dit daar geniet en al die foto's dit maak my skoon jaloers, Jammer jy hoor nou eers van my maar jy weet geen nuus is goeie nuus. Soet bly en dink aan ons die kant.
Liefde Annemarie Van Dalen
Maryke Botha
Hi vriendin,
Dit is so lekker om darem per e-pos met jou in kontak te kan bly! Ek het gou geloer na jou fotos en dis lekker om te deel in jou ervaringe.
Jy lyk darem voorbereid op die koue in jou pienk jassie, ne...
Hou ons asb op hoogte en "post" nog sommer BAIE fotos.
Liefde
Yolanda
Howdi mater! Het nou net na jou pics gekyk! Dit is stunning! Ek is so jaloers! Jy moet dit baie geniet hoor!
Claudy
Hey jou pragtige mensie!
Hoe gaan dit daai kant? Hoop jy geniet elke liewe sekond daarvan! Ek verlang my dood na jou! Jou foto'tjis lyk stunning! Hoop daar gaan nog baie meer wees! Soet wees en pas jouself mooi op!
Mwa, baie liefde, Claudy! xxx
Karmen
haai,
Jou trip lyk sover exciting!! hoe gaan dit daar - is jy al homesick?
stuur groete aan al die sexy toeriste veral Italianers!!