Profile
Blog
Photos
Videos
Howdy,
Jammer ek was so bietjie stil die laaste twee dae maar kom ek update bietjie weer.
Eergisteraand, dit is nou Saterdagaand, was ons bietjie na Ivan se werk in Brentwood omgewing. Dit was groot fun gewees, ons het dvd's gekyk en net lekker gekuier.
Terug by die huis Sondag was ons bietjie uit, sightseeing. Ons het movie gaan kyk, Ghosts from Girlfriend's Past. Dit was nogal ok gewees, daarna is ons terug huistoe en het ek met my vriendin, Charmagne en natuurlik met 'n oulike outjie Jaco gechat tot LAAAT in die aand... Shame ek wonder hoe voel hy vandag ;-) En boy was dit vir jou koud gister gewees!
Vandag is bewolk die sonnetjie kom deur maar gelukkig nie koud nie. Ons wil bietjie sightseeing gaan doen so ek sal julle laat weet as ons gaan en hoe dit was.
Pas julself mooi op en moenie te veel verlang nie!
Lovies
Ekke
- comments


