Profile
Blog
Photos
Videos
Hi Almal
Vandag is seker die 1ste keer wat dit nie gereen het nie en ook nie bewolk was nie. Wow, wat 'n belewenis was dit nie maar hey ons het steeds koud gekry. Vanoggend het ons na 'n ander huis gaan kyk in Leyton, genugtig dit lyk erger as waar ons tans is in Stratford. Vanmiddag het ons saam met Natalee en Wayne se vriend en sy vriend 'n drankie gaan drink, want sien Derek, hulle vriend, vlieg more Suid-Afrika toe en hulle wou hom sien voor hy vlieg. Ek het darem die buitekant van die Wax Museum gesien vlugtig. Ons sal sekerlik nog daarheen gaan en dan sal ek natuurlik vir julle fotos oplaai. genade ek wil nog die Buckingham Palace sien en die Big Ben en die London Eye en nog alles voor ek terugkom.
Ons wag nog om te hoor vir werk maar gaan darem vir onderhoude so asb. hou duime vas want hoe gouer ek ponde maak hoe vinniger kan ek terugkom waar ek hoort. Ek sal vir julle een ding se, London is nou nie 'n plek vir iemand soos ek nie!!
Tot 'n volgende keer of soos Natalee hulle sal se in Portuguese: Ate Logo!
- comments


