Profile
Blog
Photos
Videos
Die Lente is in die lug en oral is daar blomme aan die oopgaan. Hier in die Jonkers se tuin is daar n affodil doer ver agter die hothouse wat skelm oor die naweek kop uitsteek.
Misti werk as temp vir die maand. Dit is baie goeie nuus dis die eerste keer dat sy werk vandat sy siek was. Dit is dus perfek om net eers die waters te toets. Die grootste probleem is dat dit erg inmeng met haar quilting. Dit is vir my wonderlik hoe my meisiekind so oulike vrou en huisvrou geword het.
Dit woel en werskaf en stap die hond en doen al die huisvrou goed. Ek besef eers as ek hier is hoe ander kinders met hulle ouers groei en dat ek baie verloor het. Maar ek vang vinnig op!
Ons moes toe winkels in want soos haar ma het sy natuurlik niks gehaad om aan te trek nie! Dit los mens gelukkig maklik op.
Billy het rugby gekyk en as die weer net effens beter is spring ons agter die kwilt lappies in.
Just before my return on 17 March I am going to be so priviledged to meet our son Le Clercq's beautiful girlfriend Mary from America. He cant wait and is driving us up the walls to behave correct and for me I suppose must practise better english?
Ek en Misti het baie pret gehad om die fudge te maak. Toe dit nie hard word nie het ek dit net verder gekook en geroer vir nog 5 min,toe is dit n groot sukses
Fudge
165 g botter of margarien
6 eetlepels goue stroop
1 blik kondensmelk
325 ml gekookte melk
250 ml ongesifte koekmeelblom
1 t sout
5 ml vanielje geursel
Metode:
Smelt botter en stroop saam in n dikboom kastrol oor lae hitte
Voeg kondensmelk en kookmelk by en meng
Meng suiker en meel en voeg by die mengsel en roer aanhoudend
Oor lae hitte tot kookpunt, kook sowat 30 min tot sagtebsl stadium en roer aanmekaar met n houtlepel om aanbrand te voorkom.
Haal af vsn stoof en roer vanielje geursel in.
Klop met n houtlepel vir so 5 min tot dit begin styf word.
Sny in blokkies voordat te hard is
Tot later PvPP
- comments