Profile
Blog
Photos
Videos
Ons seun Le Clercq was hier tot dinsdag en het vreeslik lekker met ons gekuier. Al waarvan ons dringend moes kennis neem is van " the lovely Mary" die liefde met die pragtige amerikaner is baie erg!
Ons het so baie gelag en van die vriende het van Glasgow gekom en Marizaan en Cornelis van Inverness. Ons het behoorlik die huis op horings geneem en buite het hulle gebraai in 8 grade celsius en ek het net nie n neusie buite gesit nie.
Hier dra ek twee warm vests, dan n snoesige warm toppie en dan n fleece top oor en dan as ek dalk uitgaan n warm jassie oor met handskoene en serp.
Dis blerrie koud!
Kaaskoek
Pak koekies in n tertbak vir basis
750 ml maaskaas
150 ml suurlemoensap
8 teelepels gelatien
2 blikke kondensmelk
500 ml vars room
Smelt die gelatien in die suurlemoensap in die mikrogolfoond
Klits die room styf
Meng die maaskaas in die room
Gooi die kondensmelk in en die suurlemoen en gelatien bo-op
Vou alles liggies bymekaar en gooi oor die kors.
Laat stol, hierdie is n groot tert
Ek sit selde n bolaag op maar kan indien verkies
Dit was n wenner wat ons vir nagereg geeet het.
Mooi loop
PvPP
- comments
Debbie Viljoen Kan ons asb 'n foto van Mary op jou blog kry! Is nou vrek nuuskurig!