Profile
Blog
Photos
Videos
Dit is so spesiaal om tyd met my dogter te spandeer en my skoonseun bederf my soos n prinses. Dis net omdat hier alreeds n Kwien in Engeland is?
Ons het die dag begin met lekker lunch by Holm Mills. Dit is net so kilometer van hulle huis en is n wol wewery waar die wol geweef word in die verskillende tartan. Dis hier waar jy die tartan van jou voorsate kan gaan soek met die geskiedenis van elke van en waar hulle vandaan kom.
Daar is pragtige wol serpe en die regte skotse kilts wat mense van oor die wereld kom Koop en nog steeds op spesiale geleenthede dra.
So as jy vermoed jy is van skotse herkoms laat weet dan gaan soek ek jouse Oupa.
Dis bitter koud en ek bewe as die windjie opkom alhoewel dit tans in London sneeu maar nie hier nie. My seun Le Clercq het gebel en kom oor die naweek kuier vanuit die verre Thorney Island suid van London.
Vir aandete het ons lekker groente sop gemaak
Groentesop
Gebruik 1 pakkie maalvleis
Gooi bymekaar,maar moenie hard gooi nie!
1 Koppie sopmengsel, die droog in n pakkie
2 wortels gerasper
1 ui gekap
2 of meer seldery stingels
as die sop moet rooi word gooi n blikkie tamatie pasta by
Kook so lank as moontlik op stadige hitte dat al die geure lekker kn meng
- comments
Marinda Interssant! Ek hou van die donker hare op die pic. Is dit in 2010 geneem of is dit die cam wat geskrik het vir die kwien se plek dat hy skoon hartstilstand gekry het tot in die vorige jaartal? Is dit die serpie om jou nek waarvan jy skryf. Baie mooi. Groentesop is altyd 'n treffer in winter en somer. xx