Profile
Blog
Photos
Videos
Hierdie is n kasteel net buite kant die dorp oppad van die lughawe van Inverness. Die lughawe is so groot soos by George.
Le Clercq is terug na Emsworth waar hy werk in die weermag. Sy padkos was koue pizza want ons het die vorige aand gaan uiteet by Little Italy vir sy afskeid. Ons het so lekker gelag en gesels en terg hom vreeslik. Ons het met n taxi gery,dis so snaaks, want ons het wyn gedrink en dan huur n mens n taxi?
Dis bibber koud. Die verhitting in die huis en ,my ekstra verwarmer en warmwatersak wat Eza bygedra het is net genoeg om te keer dat my tone vries. Die lug gaan mooi oop in die dag en die lug is pragtig blou. Hier is dit nie elke dag so grou soos onder in London nie.
Ons is hier net onderkant die artic circle en is sowat 6000km van die noordpool. Moenie bekommer nie ek is nie oppad soontoe nie al maak die skotte my hoe kwaad. Die see noordsee mond in by Inverness en dan noem hulle dit n firth maar se firf?? Of n fjord. Dan word dit vandaar af die begin van die River Ness wat dan Loch ness word. Ons huis is net sowat 500m van die rivier en hier is die mooiste wandelpaaie al om die water met skilderagtige bruggies oor die water met die mooiste liggies in die aand. Nie dat ek in hierdie weer in die aand wil gaan stap nie. Goeie nuus- weer voorspel sneeu vir die naweek!
Misti se Skotse Drambuie sous vir Haggis
250ml chicken stock
25 ml whisky
250 ml cream
5 ml dijon mustard
Boil the chicken stock and whisky reduce down
Add mustard and stir in cream and thicken
Serve over steak and haggis. Also good over chicken or steak
- comments