Profile
Blog
Photos
Videos
Eza se plek
Douvoordag moes ek reeds by Eza se plek pad vat met n vreemde man in vreemde taxi in n vreemde land oppad na Gatwick airport.Hiervandaan is die vlug vir n uur of wat reguit noorde toe na Inverness. Daar gaan ons sowat n km van die bekende Lochness af wees. Daar wag die Klein monster in die vorm van my dogter skoonseun alreeds vir my. Inverness is seker omtrent so groot soos George in die Ooskaap en die naam beteken die waar die water uitmond in die see? In Skotland praat hulle natuurlik Scottish en Gaelic en Engels en ek praat afrikaans. Dit is baie moeilik vir my om die Engels te hoor,maar die mense is baie vriendelik en sal alkyd n mooi aanmerking maak oor my mooi aksent aka boere Engels.
Die vlug is prentjie mooi oor die sneeu bedekte berge alhoewel daar nie tans sneeu in Skotland is nie.
Op die lughawe soos groot soos Geoge se lughawe is ek so bly om my meisiekind te sien. Die laaste keer was sow at 18 maandelikse gelede.
By hulle huis in Drumblair crescent wag die lê meeste warmste snoesigste kamer met n bos geel tulpe in my kamer. Sheilagh die Alsation het dadelik die afrikason aan my gesnuif en die warm Welkom van my kinders het al die lang reis hibernate die moeite werd gemaak.
Ons pak toe dadelik al die vragte Persentjies en snackkies uit wat amper meer welkom as ek ontvang!! Die Fritos en spices brandewyn en Lemon creams te veel om op te noem.
Ek het dadelik inspring om sop vir Billy te kook en Misti het vir my oral al die verwarming aangeskakel. Ek bewe en het hoedervleis van die koue. Kom ons sien of ek kan uithou"
- comments
Soekie So bly jys veilig. Ons wens ons is daar vir daai sop. Kuier lekker en bly asb warm! Soekie
Rene Waar is die resep ??? Stuur groete vir die kinders en die hond!!P.S Sushi lewe nog en eet soos 'n besetene Watter resep? Het so gesukkle soveel maniere en computers en dan dit en dan dat. Gaan goed hier ek is uiters fluks, ek kom eers 17 Maart huistoe. Waar is Michelle,lees sy al my blog?
Marinda Dit klink so lekker en ek's mal oor die kliniese "look" van jou kamer. Jy warm die plekkie sommer op met jou geaardheid. Geniet die kuiertyd. Dis nou te se as hulle agter kom jy het saam met die presente gekom. LOL xx