Profile
Blog
Photos
Videos
Net toe ek dink ek gaan ontspan want dis frikken koud maar ek gaan dit maak kom daar nou n koue in die koue wat alle vorige koue oortref.
Daar is nou n stewige artic windjie wat in ons nekke blaas. Vandag moes ons sllerhande admin doen en ek moes ook vir Gerard werk hier op die rekenaar doen. So nou en dan het daar n ou vaak sonnetjie op my rug geskyn.
Op hierdie foto is die monding in die see met die locks wat my altyd so fassineer en waar die bote begin en dan skuif die water in die lock in?
Ons het gisteraand n heerlike karamel poeding gemaak,daarna anys beskuit gebak en dis so taai en hard alhoewl dit gerys het. Dit was finaal die laaste brskuit poging.
Vanaand het Misti Pork Belly gebraai in soyssousie en n Prawn slaai.
Groot geskilde prawns kos hier sowat R20 vir 500 g en die pork belly dieselfde
Praat later
- comments
Die dogter Die beskuit ryk so lekker na Anys, vat net lank om uit te droog, nou is dit regte Doop n Ouma beskuite! Pollie gaan darem nou al uit die huis het met bietjie minder klere! Maar vandag was dit heelwat kouer. Die pork belly was so ryk, ons almal nou n Gaviscon in
Soekie Sjoe ons kan nie dink dis so koud daar nie. By ons lekker ongemaklik warm - ons bid vir die winter om te kom. Geniet daai waterproof beskuit, die anys maak op vir die kluite. Baie liefde xxxx Ons het so gesukkel die lug is te koud dink ek. Maar het ons gelag oor die waterproof. Het jy dalk n maklike beskuit resep wat lekker en flopvry is wat jy vr my kan email. Maar nie te gesond nie asb?
Carien van der Westhuizen Dis darem maar lekker om so by jou kinders te kuier. Myne is nou ook altwee oorsee. Minki in London en Ben in Amsterdam. Baie groete vir Minst en Le Clerq. Cxxx O nee sus hoe het dit dan nou gebeur. Wat doen hulle daar. Ek het nou eers uitgevind dat ek op die blog kan reageer?? Dk is besig om op te vang met ma en dogter tyd en dit voel of ek die ewigheid sement met die kosbare tyd.