Profile
Blog
Photos
Videos
So het my verjaardag gekom en gegaan en het ook ek n jaar ouer geword soos mens nou maar weet.
Ek het so sleg geslaap laasnag die Tokkelos van Afrika het my maar goed rond gejaag met alles wat ek ek my oor kan bekommer.
Gister het ek toe n paar kuiers in gekry met almal wat my liefhet en my wil onthou en het die dag gou verby gegaan. Maar o tog die dreigemente van die wagtende koue maak my al hoe meer benoud. Heathrow lughawe is toe en so ook Gatwick want dit sneeu in London. Misti-Aletia het vir my n foto gestuur van die -3 in die huis en Le clercq het my verseker hy wil nie in die koue van Thorney Island na Scotland toe met n bus,fiets,perd of trein nie. Dis net te erg. Al raad wat Gerard gegee het is trek n vest aan. So reg in ouma se reels?
Nou is dit net n paar laaste minuut dinge en dan staan ek in die straat lughawe toe.
Vandag hoop ek almal nou te laat weet dat ek lekker op die blog gaan skryf en bymekaar gaan hou.
Hierdie is vir my n baie spesiale ervaring omdat ek my kinders baie lank gelede gesien het! Die tyd word ook min en die jare rol verby en almal gaan aan met dit wat vir elkeen belangrik is. Familie bande sal altyd staan maar ek moet besef met tyd gaan elke voolkie wat lankal die nes verlaat het ook teen sy eie krans poef en lewe. So ek is net n 'observer'
Sover dan al totdat ek in Doha aankom laat vannag!
Vandag se belangrikste ete - n Koejawelsap ryk en lekker van Sir juice
Pollie van Pretoria
- comments
Die kind Gelukkig het ek vir jou n vest, n serp, handskoene en n warm water bottle! Die ys gaan seker nou smelt want jy gaan vir vir ns bietjie so method bring! Lekker vlieg, sien jou in Skottieland xxx
Marinda Geniet dit en ons kyk uit vir die lekker leesstof wat kom!
Marinda Ek kyk nou die kaart. Jy gaan so veeeeer vlieg! Ek dog jy gaan skoon die kaart mis! xx Hi Marinda Dis te lekker om van jou te hoor. ons kuier heerlik