Profile
Blog
Photos
Videos
Na die ervaring in Doha is ek toe op die volgende vlug na London! Weer 7 ure vlug maar.......die tydzones is so verwarrend nie eers die vlug personeel kan dit uitwerk nie. Dan is dit drie ure plus een uur vorentoe en dan weer agtertoe en dan weer vorentoe en dan 20 min by! Net te moeilik.
Soos verwag is London snerpend koud maar die asemrowende gesig uit die lug soos die son sak, ( vermoedlik in die weste) en die landskap,spierwit gesneeu onder ons .
Dit was so lekker dat Ivor my kom oplaai het. Al die pyn van treinry met my pakaas is my toe gespaar. Dadelik toe op pad na skoonsus Eza in Wanstead. Voor haar blyplek en oppad is alles spierwit gesneeu en sy wag my in met haar heerlike Beetsop en vars brood. Nadat ons lekker gesels het en sy my bederf het met vrugtetertjies het ek in die bed gespring. Kapoet maar opgewonde om vroeg te wees vir die res!
Eza se Beetsop
Rasper een groot beet of 3 kleintjies
1 ui gekap
1 liter hoender ekstrak
1 groen chillie gekap
1 Wortel gerasper
1 teelepel gemmer
Kook dit alles saam tot die beet lekker sag is.
Gedoen met growwe brood en sprinkel feta kaas oor.
- comments
Marinda Die warm harte sal jou gou ontdooi! Die tydsomme klink erger as algebra! xx