Profile
Blog
Photos
Videos
Die laaste 3 dae was ek en Tanya, maar baie lui. Ons het besluit om ons laaste dae van Honeymoon rustig te vat en net te relax! Die 20ste het ons wel 'n bietjie gaan shopping doen. Souvenir shopping om presies te wees. Ons het maar 'n lysie van alles gemaak en wat ons vir elkeen wil koop. 'n Hele paar Ruphias later en ons het vir meeste van ons familie en vriende ietsie gekry.
Die laaste twee dae het ons net gele en tan (in my geval verbrand) en geswem. Ons ontspan maar net langs die swembad heeldag. Ons het ook 'n Suid Afrikaanse familie ontmoet hier. Hulle woon tans in Perth, Australie(nes honderde ander Suid Afrikaners). 'n Mens se ore spits mos as jy Afrikaans die kant van die wereld hoor.
Vanaand gaan ons maar dieselfde doen wat ons die afgelope 5 dae gedoen het - aandete en dan James Bond! Op HBO wys hulle al die ou James Bond movies. Ek love dit natuurlik. Jaja, ek weet, ek is 'n nerd ;-)
- comments