Profile
Blog
Photos
Videos
Vandag was dit ons beurt vir die Bali Experience. Alit het n hele dag se aktiwiteite gereel om ons bietjie meer te leer oor die Bali kultuur.
Dit was weer 'n reenerige dag en ons het actually verslaap. Alit moes ons wakker bel. Oops. En dit nadat ons gister moes gewag het vir 'n Japanese couple wat laat was.
Ons eerste stop was by 'n tradiosenele Bali dans. Dit was meer van 'n vertoning as 'n dans. Hulle doen maar net sulke snaakse bewegings, maar vertel actually 'n storie. Ek sal nou nie vir iemand aanraai om kinders te vat nie, want die karakters is nogal scary en hul humor is bietjie vulger. Soos by die een toneel waar hulle uitbeeld hoe hulle 'n palm stok by een van die karakters se hol op druk. Daar was nog so 'n paar shockers, maar kom ons los dit maar daar.
Daarna het ons na een van Bali se groot tempels gegaan. Natuurlik is die beeldhou en geboue baie mooi met verskriklik baie detail uitgekerf op elke artifact. Ek moes 'n sharong dra om binne te gaan. Die keer het ek nie geweier soos toe in my voorskool kersfees konsert waar ek net eenvoudig gese het "Neeee, ek dra nie n rok nie!".
Die Balinese is 90% Hindo, so die geloof het baie te doen met goeie geeste, slegte geeste, beelde, etc. Dit is basies die heidene van wie daar altyd in die Bybel gepraat word. Ook, hulle glo die eiland self is op die agterkant van 'n moerse see skilpad en as aarbeweings en goed gebeur is dit omdat die skilpad beweeg het...bwhahaha...ek hoop vir hulle part die "turtle" besluit nie om om te rol nie!!
Daarna het ons aan beweeg na 'n familie juweliers winkel, waar hulle juweliersware maak. Dit was eintlik boring en net 'n sales gimmick om jou by hul winkel te kry. Die mense is baie aanhoudend met jou om goed te koop. Die vrou soek R900 vir so 'n kak blommetjies necklace. Nou hou sy heeltyd aan "What price you want" en toe ons vir haar se "man, ons gee jou R200" toe lag sy net en se "No, dat too little". Maar nou ja toe, dit is wat ons die heeltyd vir haar probeer se het. Ons gan nie daardie tipe geld op kak spandeer nie. Sy het ons toe ook uitgelos. Ons was te cheap. Nou het ons sommer 'n nuwe afskrik tegniek ook aangeleer.
Ons beweeg toe aan na 'n kuns gallery waar ons allerhande tradiosenele tot abstrakte kunswerke gesien. Dit was ook 'n familie gallery met regtig 'n paar mooi werke. Weereens was dit te duur om enige iets te koop en ons span toe ons nuwe afskrik tegniek in. R300 vir 'n R1000 se skildery. Die verskil die keer is dat die ou het actually die offer aanvaar. Toe dink ek, oh well, dit is 'n nice skildery en dit is nie baie nie, ek sal dit maar vat. Dit is 'n nice abstrakte stuk.
Ons is toe af restuarant toe vir middag ete. Ons het 'n lekker ete gehad met 'n mooi uitkyk op gras groen rys velde.
Daarna was ons na 'n wood carving gallery waar hulle allerhande beelde uit hout kerf. Weereens, die level of detail in hul werk is verskriklik baie. Dit is rerig goed. Ons is toe daar weg met 'n Asian Olifant neufie vir ons huidige Afrika Olifant broers by die huis.
Vir ons tweede laaste aktiwiteit het ons na die Monkey forest gegaan. Ek was nie baie mal daaroor nie. Ek vertrou nie 'n aap nie. Hy lyk vir my skelm. Amper soos van ons gangsters terug in die Kaap. Toe se Alit ons moenie in die ape se oe kyk nie, want dan raak hulle aanvallend, en as dit gebeur kom al die ander ape om te help. Sien jy - presies wat ek mos se. Gangsters! Dit was mos nou nie wat ek wou gehoor het nie. Ek is al klaar nie mal oor die goed nie. Tanya dink hulle is verskrilik oulik en neem net die heeltyd fotos. Ek het maar net heeltyd grond toe gekyk of na die plante en blommetjies. Ek het skoon senuwee agtig geraak as ek 'n aap sien. Donnerse skollies.
Daarna was ons na ons laaste aktiwiteit - Koffie proe by 'n koffie plantasie. Hierdie plantasie vervaardig ook die duur Luwak koffie. Dit is die koffie wat van die drolle van 'n Luwak dier af kom. Klink sies ne!? Die Luwak diere eet die koffie bone, dit gan deur hul digestive system (wat dan basies die koffiebone lekkerder maak) en dan kak hy dit uit. Dan versamel die werkers dit, droog dit uit, maak dit skoon en dan maal hulle dit. Dit kos dan nou so 'n R50 'n koppie Luwak koffie. Ons het self die diere gesien - hulle lyk soos klein jakkalsies. Ons het ook daar verskillende koffie en tee's geproe en ons is toe daar weg met 'n pakkie vanilla koffie. Luwaak is eenvoudig net te duur. R300 vir 'n 100g pakkie. No thank you - ek is nie so mal oor koffie nie.
Na 'n lang dag se aktiwiteite is ek en Tanya (doodmoeg) terug hotel toe met 'n bietjie meer kennis oor die Balinese mense. Ons het actually geleer dat die Hollanders die eiland eens op 'n tyd beset het en dat daar baie woorde ooreenstem met Afrikaans:
Apteko - Apteek
Pakir - Parkeer
Gratis - Verniet
Kantor - Kantoor
Fotografi - Fotografie
Snaaks...
- comments
Anton Moerse snaaks, bra. Keep it coming.
grace die trourok gaan R350 om skoon te maak jou ma vra of dit ok is, dis die goedkoopste. enjoy alles, baie jaloers