Profile
Blog
Photos
Videos
Dag 2 het toe aangebreek en ons was n bietjie meer uitegrus. Ek sou kon doen met nog n uur of twee se slaap, maar Tanya het my uit die bed gekry. Ek en Tanya was altwee excited vir die buffet breakfeast, ons hou mos van lekker eet. En was dit n breakfeast buffet. Daar was n verskeidenheid van alles. Ons het toe lekker geeet en vir Alid ontmoet om ons week se aktiviteite te beplan en bespreek. Ons het al die vorige aand n week se goed beplan wat ons als wil doen. Elephant rides die donderdag, boat cruise die vrydag, etc.
Daarna het ons n bietjie gaan shop by die plekkies waar ons die vorige aand was. Ek het nice kraag hempde gekry en n paar T-shirts. Daarna het ons na nog 'n mark gegaan waar n mens meer kon bargain. Shame, 'n mens voel eintlik sleg om te bargain, want jy kan sien hulle is armer. Elkeen is baie desperaat om besigheid by jou te kry. Dit is eintlik irriterend. Sit by die ongelooflike hitte en bedompigheid en ek het vinnig vinnig vir Tanya aangejaag om klaar aan te pas. Ons het toe in die middag by die hotel aangekom, heavy gesweet en warm. Ek wou toe net 'n swembad sien. Ons het toe lekker gaan afkoel in die swembad en later af see toe gestap om in die see te swem. Die water is baie warm en koel skaars 'n mens af, maar dit is nog steeds refreshing. Ons het toe lekker aan die slaap geraak in die bewolkte weer. Dit was lekker om net te kan le en relax na hoeveel dae se rond reis en rond hardloop.
Daarna het ons verder n middag slapie gevang en toe af beweeg na HYI Spa toe. Daar het ons n lekker 45 minute full body massage gekry. Dit was net so great.
Op daardie stadium was ons al lekker honger, aangesien ons lunch geskip het deur al die middag slapies. Oppad soentoe se Tanya sy voel half snaaks. Sy voel naar en nie lekker nie. Ons het letterlik net ons drinks gekry toe Tanya opspring om toilet toe te hardloop. Sy het toe opgegooi en was pap nat gesweet. Die hitte help ook ni in so 'n situasie nie. Ons moes toe ons ete kort knip en oppad terug stop ons by 'n apteek. Ek koop toe R500 se pille (vir flippen naarheid, koors, etc). 'n Mens is mos paniekerig op daardie stadium en soek net iets om vir Tanya beter te laat voel. Op die ou einde het ons dit nie eens gebruik nie, want toe wou Tanya nie die goed drink nie (sy was te naar) en toe ons by die hotel kom, gebruik ek maar eerder ons eie trusted panados en immodium.
Sy het toe eventually haar slaap ingekry, maar steeds een of twee keer deur die nag siek geraak. Sy is nou al 'n klein bietjie beter.
Kom ons kyk hoe dag 3 gaan verloop. Ons is suppose om die Olifant trip te doen more, maar dink beslis nie dit gaan gebeur nie.
- comments