Inverness, UK
Gisteraand het ons begin met die groot projek om die boonste badkamer te verf en nuut oor te doen. Die kleur is wit met die sagste gedagte van koringblommetjie blou. Misti-Aletia se idee van kleur en kleurskema is absolute die teenoorgestelde van my!Sy verkies sagte gedempte en subtiele kleure en is n regte sagte somer herfs vrou.Ons spring toe in met die rollers en kwaste in ons ou klere. Wat n skoonma darem alles vir haar skoonseun sal doen.Terwyl ons verf gese...