Die 3 hotste girls ooit in die history van menslike bestaan sit vanaand in Franskraal met 'n glasie of 2 Rustenberg wyn! Nicolaas: waar's jy dan nou om arrikrik uit te haal en gaar te maak?
Julle toer lyk vrek lekker! Erg jaloers!
Johannie, Lize & Isabel
Johannie
Geniet die laaste maand van julle toer! Die foto's lyk great. Kan nie wag vir al die stories as julle terug is nie...
Enjoy, Groete Johannie
Kraai
Hallo Julle Twee
Laaste foto's van Santiago & daai watervalle is amazing! So so mooi. Sjoe dit is voorreg wat julle het om dit alles te sien. Hoop julle geniet nou weer die ander deel van die aarde waar julle op die oomblik is.
Groete,
Kraaitjie
Le Roux's
Ons reis nog baie lekker saam met julle in die gedagte. Daai rooi koppies in Suid Bolivia laat my Oudtshoorn toe verlang ... lyk amper selfde. Jacques, pos asb. so 5 van daai mooi kleipotte op die foto vir my ... maak later reg met jou.
Cars
Salt Lake, absolutely Surreal!!
Missig you
Love Cars
Charlene
Hi julle 2.
Hoop dit gaan so goed soos wat dit op die foto's lyk. Die foto's is stunning en dit lyk of julle 'n great tyd het! Geniet elke oomblik!
Ons mis julle hier in die koue UK!
Groete
Niel & Charlene
Brigitte & George
Wow, foto's is ongelooflik! Lyk soos uit 'n fliek :) Enjoy & veilig reis!!! Baie baie groete, BriGeo
Annali
Jackie en Nicolaas.... Wat kan ek se.... GREAT en BAIE JALOERS... Dit lyk amazing.. Kyk mooi na julle 2...
Sarlene
Jacques en Nicolaas, nuwe foto's lyk of jul avontuur nog onbeskryflik lekker is. Vir my sou die rugsak toer nie so lekker gewerk het nie ... wat van inkopies?? Al daai pragtige geweefde matte en lappe!! Julle doen reg ... mens moet lig reis.
Nico Jacobs
Nicolaas, dit lyk fantasties. Dit is vreeslik lekker om dit te kan sien soos jule reis vorder. Ek wens ek was ook daar. Geniet dit 100. Pa
Lezanne
Hello julle 2! Dit lyk of julle 'n flippen lekker tyd het..Lekker om julle foto's te kyk want julle travel sommer vir my part. Geniet dit en pas julself op hoor! Lezanne
Maggie
GREAT GREAT!
Julle doen dinge wat ons net van kan droom! Gaan maar liewer nie vra wat julle als moes doen om al daai geld in die hande te kry nie
Geniet elke oomblik! Great om die foudies te sien!