Profile
Blog
Photos
Videos
Baie mense het al gese Parys is 'n vuil stad en dat die Franse ongeskik is, maar dit is die teenoorgestelde van wat ons beleef het. Dalk was dit omdat ons buite seisoen daar was of omdat ons beslis nie 'n Britse aksent het nie, ek weet nie, maar ons was onmiddelik mal oor die stad, behalwe vir ons eerste metro rit...
Ons het met Eurorail van London af by Gare North aangekom, en op die ondergrondse trein gespring na Montmarte toe, waar ons plekkie was. 4 jong meisietjies het saam ons op die trein geklim en so om Charl gedrom! Die trein was nie vol, so daar was meer as genoeg plek vir hul om op te skuif sodat Charl kon verby kom, maar hul het net eenvoudig vasgestaan. Ons het dadelik onraad vermerk en Charl sien toe die beursie is weg. Net daar, soos net 'n Beyers kan bulder, eis hy toe die beursie terug van die meisies. Hul gee dit toe, hul moes, anders het ons albei hul dalk bygekom. Maar die geld was klaar weg. Nog een bulder van Charl en toe handig hul die geld ook oor! Ons was so geseend om als terug te kry. Parys sou glad nie so romanties gewees het as ons dit so begin het nie, sonder 'n beursie met alles is. So ja, weereens het ons besef ons is nie alleen op hierdie trip nie, die Here sorg vir ons!
Ons het die oulikste self-catering plekkie gehuur vir die week, dit was regtig soos huis. Om die hoek was die lekkerste deli's en bakkerye en vleiswinkels en vars vrugte winkels en 'n wyn winkel, by wie ons almal gereelde kliente geword het!
Parys bied so baie, maar ons was versigtig om nie weer dieselfde fout te maak as in New York nie. Ons het net geleef, gaan draf, wasgoed gewas en die ongelooflike daaglikse lewenspatroon van die Parys mense waardeer en geniet. Die ryk Franse kos, die straat kafees waar die stoele op die sypaadjies letterlik na die straat toe gedraai is sodat jy die verbygaande mense kan sit en bekyk, die straatmusikante, die pragtige parke en bree strate en die Moulin Rouge...
Jul ken my mos, geen trip sal volmaak wees sonder dat ons na een of ander dansvertoning gaan kyk het nie. Die Moulin Rouge show was nie wat-wonders nie, maar weereens het ek gedink aan my dansjaar vol Jazz en my dansinstrukteur, Pinto, wat sy debuut gemaak het in Parys by die Lido! Ons het wel by die Lourve 'n draai gaan maak en na die Notre Dame gaan kyk. Dit was die Notre Dame se 850ste verjaarsdag toe ons daar was. So oud, en nogsteeds so mooi, dis ongelooflik!
Een van ons hoogtepunte in Parys was natuurlik die kos, maar veral die aand wat ons by 'n piepklein Italiaanse restaurantjie gaan eet het. Ons was lus vir pasta die aand en het gereken die naaste wat ons aan Italie gaan kom in die trip is seker Frankryk, toe gaan eet ons by Tentazioni, net om die draai van waar ons huisie was. Die franse menu het my die aand frustreer, dis moeilik as jy nie kop of stert kan uitfigure wat om te bestel nie. In Spaans kan ons al kos bestel, maar Frans as taal is besonder moeilik om op te tel, veral vir my! Hoe jy hom lees is glad nie hoe jy dit uitspreek nie! Gelukkig het die vrou langs my my frustrasie gesien en 'n dis voorgestel: 'n ravioli gevul met 'n swart "truffle" mengsel in 'n wit sampioen sous. Dit was hemels!!! Ons het die res van die aand heerlik gekuier met die 3 vrouens. Dis een ding van die tafels in franse restaurante, die tafel langs jou is so naby die mense sit basically saam jou aan dieselfde tafel! Gelukkig praat ons 'n vreemde taal en het dit ons nie in die minste gepla nie!
Charl het my verras met die 'Love-Bridge'. Dis 'n voetgangers brug wat oor die rivier gaan waar mense begin het om slotte aan te sit. Die idee is dat jy en jou geliefde saam die slot daaraan toesluit en die sleutel dan in die rivier gooi. Dis dan teken van jul oneindigende liefde aan mekaar! So romanties, net soos Parys opreg is! Nog 'n romantiese hoogtepunt was ons piekniek onder die Eiffel Tower! Dit was prentjie mooi!
Ons het na ons draai in die res van Europa, weer 'n draai gaan maak in Parys. die keer het ons die ou Latin Quarter plat gestap. dis hier wat ons die egte Franse slakke geeet het! Yy kry hul in die dop, kompleet met dopvashou klampie. Dit was ongelooflik lekker! Ons was mal oor Parys, sal definitief weer eendag daar moet stop oppad iewers anders heen!
- comments