Profile
Blog
Photos
Videos
Botswana 2012
Oor 'n paar uur val ons in die pad Botswana toe. Ek deel 'n gebed met julle wat my ma gestuur het wat vir my baie mooi is.
Ja uiteindelik het die groot dag aangebreek! Sjoe dis amazing en voorreg om deel te wees van trip na Botswana.
Geniet elke oomblik maar wees ook bewus van die Groter Hand in die natuur en eer en prys Hom daarvoor. Ek deel 'n gebed vir jul trip:
Dierbare Here
Wees U die helder vlam voor Jacques hulle
Wees U die sterrewyser bo hulle
Wees U die gelyke pad onder hulle
Wees U die goeie Herder agter hulle
Vandag op hul reis, vanaand vir altyd
Bring hul veilig terug
Amen
- comments
Steven Amen...dankie
Lizemarie Ja dit is ongelooflik! Mag ons Skepper julle veilig laat gaan en terugbring! Geniet elke oomblik! En ons wat hier afterbly is vrek jaloers en gaan julle baie mis!!! Bring baie fotos huistoe!??
Hanneke Gaan julle verseker mis - geniet elke oomblik - kom veilig huis toe
Chris & Jackie Geniet dit julle! Ongelooflike geleentheid om Botswana te kan sien in lewende lywe. Ons sal uitkyk vir 'n wenfoto in die weg!
Tienie & Rita Amen... Geniet die ongelooflike ervaring en ja ons is bietjie jaloers! Steven oom Tienie stel jou aan om ogie oor Jacques te hou!
Eloise Botha Geniet die ongelooflike experience julle! Ons weet die Here sal julle veilig bewaar en terug bring.
Johan Hmmm!!! glad nie jaloers nie!!!! Julle moet mooi ry en baie fotos laai. Geen lapan stories sal aanvaar word nie.... Cheers vir eers....
Gideon Malherbe Baie mooi Jacques. Sterkte em geniet dit. Bring mooi foto' saam.