Profile
Blog
Photos
Videos
Sri Lanka... Of eerder Ceylon.. Al wat ek van hierdie land geweet het voor hierdie trip is dat hulle krieket speel en dat die kat op 'n skip daarheen gestuur is. Wat ek nie geweet het nie is dat ontrent 80% vd populasie buddhiste is, dan colombo die hoofstad is, dat meeste vrouens nie alkohol drink nie, dat d mense vreeslik vriendelik is, dat daar net 5% werkloosheid is en dan ook dat afrikaners tydens die anglo-boere oorlog na 'n oorlogskamp gestuur is by diya... in d suide helfte vd land.
Nadat ek gisteroggend die Pettah shopping distrik in Colombo gaan verken het was ek reg vir d lugversorgde kar toe ons d 2.5 toer van d eiland begin verken... Ons deel die kronkelende pad na Kandy met tuk tuks, trokke en menigte padstalletjies. Stop op pad by d 'elephant orphanage' en ek help 'n baba olifant bottel gee. Hulle drink 5keer 'n dag 7 1liter bottels melk! Kry later 'n nek en skouer massage in 'n spice & ayervedic garden en sien vir d eerste keer waar kom cloves, peper, cocoa en nutmeg vandaan. Slaap d aand by 'n tourist inn - los die beskrywing maar by baie basic met 'n lekker stoep.
Dag 2 begin vroeg met 'n sny wit toast en koffie, besoek aan d temple of the tooth in Kandy en nog kronkelende paadtjies, tuk tuks, busse en klein dorpies. Dis 'n naweek van ontdekkings want sien ook vir d eerste keer waar kom tee vandaan. Pragtige heuwels teeplantasies, tee plukkers en 'n teefabriek net voor Nuwara Eliya bring duidelikheid.
Gelukkig het ek 'n goeie gestel want middagete by restaurant langs d pad stel my bekend aan d eiland se 'rice & curry'. Heel lekker maar d vreeslike vuil plekmatjies en tafeldoeke laat my sidder om te dink wat in d kombuis aangaan! Lekker roomys vir nagereg. Ek vertel Dinesh (d gids) vd anglo-boereoorlog geskiedenis en ons verander bietjie roete om by diyatalawa te stop. Niemand weet v boere begraafplaas nie maar sien d weermagkamp en vertrek.
By Ella stop ons vir 'n koppie tee en word verras met 'n mini optog wat d plaaslike tempel gereel het.
Encounters...
Slaap gisteraand in Tissa langs d Tissa meer. Ek gaan stap bietjie langs d meer en dis badtyd. Gesinne wat hare was en dis opvallend vir my hoe die ma die rol v ma speel om d kinders te bad - of dit nou in 'n badkamer in SA is of in 'n meer in d suide v Sri Lanka. Verder af is daar paar tieners en d een meisie lyk pragtig soos sy d water oor haar hare gooi om af te spoel. Ek vra haar vriendin of ek 'n foto kan neem. Sy se eers nee maar volg my toe soos ek verder af langs d meer stap en kom roep my terug. Als natuurlik sonder enige engels. Ek neem 'n foto en dra by tot 'n gegiggel en terg onder d tieners. Nie te min wil die seuns toe ook afgeneem word.
Ek gaan sit 'n entjie verder en waardeer d 'sunset' net om weer gegroet te word deur d meisies en d een gee my haar foon om my naam en nommer in te tik. Ek maak so terwyl ek wonder wat sy daarmee gaan maak?
Ry vanoggend vroeg en begin d tog al langs die kus op pad na Galle. Op pad stop ons langs die pad tussen gandara and dickwella by 'n ou wat gedroogde vis verkoop. Kyk 'n rukkie hoe sy vrou vis i groot pot kook en Dinesh (my gids) gesels met die ou. Die ou vertel dat sy 4 jarige dogtertjie deur die tsunami dood is... Saam met omtrent 240 mense binne 1.5 km. En die nuusberigte van die duisende mense wat deur d tsunami geraak is word meer van 'n werklikheid. Die vriendelikheid en eenvoud van hulle leefstyl oorweldig my. Net na ons weggetrek het vra ek om om te draai en ek gaan gee vir die ou 500 rupees - dis niks - R30 maar hy is vreeslik dankbaar. Ek vra vir Dinesh om vir hom te se 'good luck' en hy antwoord saam met baie dankie dan hy jammer is hy kan nie engels praat nie. Ons ry weg en ek wonder watter stories hy als sou kon vertel as ons heeldag daar kon sit - en hy engels kon praat.
Op pad na Galle, wat d laaste stop is, stop ons langs die see om lieflike bootjies af te neem. Ek's ook baie opgewonde toe ons twee 'stick fishermen' sien... Ou omies wat op stokke sit en visvang. Stop en neem foto's. Bietjie verder ry ons verby omtrent 10 stick fishermen. Ons stop nie en dis vir my opvallend hoe mens so opgewonde kan wees as jy iets skaars sien wat jy graag wou sien - en dan as jy nie die 'beter' sien nie en weet jy kon - hoekom is die eerste nie meer goed genoeg nie? Ek wonder bietjie daaroor en ons ry verder Galle toe. By Galle het ek 2 ure om rond te loop in d Dutch Fort Dis VREK warm en na 1.5 ure van verken (o.a die NG Kerk) soek ek 'n bier! Ek loop en loop en loop en kry op die ou end 'n hotel wat alkohol verkoop. Genoeg gekerrie - en geniet my Lion Lager en chips! En so vat ons d snelweg - die enigste een in Sri Lanka - terug Colombo toe en ek is 3.5 ure voor my vlug op die lughawe. Steeds seker eerder vroeg as laat en ek groet die eiland wat my regtig nofal uitgeboul het...
- comments