Profile
Blog
Photos
Videos
Na amper 6 weke van Spaans en Portugees het dit soos huis gevoel om engels te praat en te sien! Na die custom inspekteur ons deeglik deurgekyk het en seker gemaak het ons het geen biltong nie, was ons vry om te gaan! Catherine het vir ons gewag op die lughawe. Heerlik om nie met busse of treine te spook vir n bestemming nie. Catherine en haar man Colin en klein Avery bly in Mansfield, Dallas. Dit was so lekker om weer saam vriende te kuier. Catherine en Alecha was saam op skool en koshuis roomies.
Dag een het ons gaan shop. Wintersklere was op die agenda aangesien ons nou winter gaan ingaan. Selfs Texas is vrek koud!! Toe is ons na n tradisionele BBQ! Ek love dit! Gaan definitief n smoker kry as ek terug is in SA. Die beef en vark word in smoke houses gesit vir tot 16 uur. Jy eet dit dan saam mielies en brood plus baie BBQ sous. Lipaflek lekker! Catherine het die volgende dag velof ingesit en ons rond gewys. Ons het vir cowboy boots shopping gegaan! Dis reg, 'n reuse winkel net vol boots! Kleurvolles , funky, pienkes, traditioneel, jy kan kies en keur. En die beste is almal in Texas dra dit! Daai aand is ons na 'n high school rodeo. Wat n belewenis, daai cowboys en girls kan n perd ry! Dan moes hulle ook verskillende dinge doen, soos calfing, waar hulle die kalf moet vang met n tou en dan omkeer en vasbind, alles teen tyd. Volgende dag is ons stockyards toe by Fort Worth. Ek het die Texan longhorn beeste baie geniet en self op een gesit! (Soos 'n klein seuntjie, se Alecha) Baie dankie Colin, Catherine en Avery vir al julle moeite en vriendskap. Ons het dit baie geniet.
Cowboys never have enough guns, dogs or pickup trucks!! Klink so na my valley hierdie. Hier stap jy in 'n winkel in, koop jou geweer amunisie en stap uit en gaan skiet! (Jy wag nie 3 jaar soos ek vir n lisensie nie) Daardie middag is ek en Colin skietbaan toe! Die haelgeweer baan het soos n golf driving range gelyk! Soveel mense en die gras was oranje van al die kleie! Na 100 kleie en 'n seer skouer was my oog mooi in! Amerikaners, veral die in Texas, love hulle gewere en daarom is hul so gekant teen die regulasies wat die regering nou wil inbring. Die 2 de inskrywing in die Amerkaanse konstutisie se jy het die reg om 'n geweer te besit!
Roadtrip! Soos ek gese het: everything is bigger in Texas... Wel ons huurmotor (goedkoopste wat ons kon kry) was n Ford F150 pick-up truck! En die beste is die bakkie ry lekkerder as n kar. Ons het beluit om eers op te gaan Amarillo toe en by Catherine se ouers aan te gaan en dan af te ry tot by Austin. Opad het ons eers by Charles Rose aangegaan in Seymor (ons goeie vriend Francois se pointers kom van daar af). Baie by hom geleer asook dat daar 'n Bblizzard verwag word in die Amarillo streek!
Ons het besluit om te slaap in Childress aangesien dit reeds begin sneeu het in Amarillo en gedog ons sal more deur ry! Daar het ek en Alech toe ons motel experience gekry! Nie so nice nie, party plekke is nogals scruffy!
Orals was die tv's op weather channel - Tracking snow storm Rocky! Amarillo het n 10 uit 10 vir blizzard toestande, dus 110 km winde saam met die sneeu! En dit sou so aanhou vir tenminste nog 'n dag! Die volgende oggend het dit begin sneeu in Childress, ons beluit toe om verder te ry en te sien hoe ver ons kom, wel die volgende dorpie was Memphis en het wild gesneeu! Die paaie is ook toegemaak! Hierdie is nie Suid Afrika sneeu nie.... Wel daar sit ek en Alecha in 'n dry town (geen alcohol mag verkoop word in die dorp nie), nie gedink mens kry nog sulke goed nie! Ons het toe maar in n motel ingeboek want ons gaan nerens heen vandag nie! Orals was dit wit en die wind ongelooflik sterk! Die dag het ons toe maar movie gekyk en met van die locals gesels by die diner!
Dag 3 van die roadtrip kom ons uiteindelik uit in Amarillo. Baie dankie aan oom Ian en tannie Linda vir julle gasvryheid en bederf vir 2 dae. Geen idee hoe lekker n koppie tee en boerebeskuit is na 2 maande se travels nie. Oom Ian maak die mooiste handgemaakte messe, selfs president Bush het al een van sy messe gekry en nou het ek ook een!
In Amarillo het ons die Cadillac ranch besoek (10 karre wat onderste bo in 'n landery geplant is. Ook het ons die canyon en hereford besoek en rondgespeel en gegly in die sneeu. Die laaste aand het ons by die Big Texan gaan eet! Texans is groot op beef! Dis nie net ons boere wat rooivleis geniet nie.
Aangesien ons 2 dae ingesneeu was het ons nie by alles uitgekom nie maar dit was nogsteeds 'n ongelooflike ervaring. Terug het ons die 'road less traveled' gevat en die mooiste kleinste cowboy dorpies gesien. Amper soos ons platteland 20 jaar terug.
Texas is afgesluit met n traditionele linedance sessie by Billy Bobs!
We all have a little bit of texas in us!!
- comments