Profile
Blog
Photos
Videos
Buenos Aires, 'n stad waar niemand voorgee nie. Mens moet bietjie skrop en bly om die plek se gevoel te kry. Dit lyk soos 'n stad uit Europa, wat bietjie agteruit gegaan het. Maar iemand het intussen die leisels styf getrek, want al die ou geboue word baie mooi gerestoureer. Hier is almal betrokke by die politiek, as jy 'n sterk opinie het oor iets, lig jy hom op die plein voor Evita se beroemde stoep, wat pienk geverf is. Jy kan dit doen deur 'n optog te hou, graffiti of prentjies op die plaveisel te teken, net soos jy wil en voel.
Ons het Argentinie toe gekom om 2 dinge te doen: dit was om die beste steaks in die wereld te eet en om die passie van tango te leer. Wel, mission accompliced!
Ons het by La Cabana gaan eet vir Charl se verjaarsdag. 'N baie ou, baie mooi restaurant, so regte Oom Frik styl dekor - leer, hout, ougoed, hougoed, skilderye van die Angus beeste, regtig 'n ongelooflike plek. Ek het dry-aged matured Angus beef bestel, dieselfde as wat ek in Chile geeet het en vir Charl so lus gemaak het, en hy het Wagoo bestel. 'N stuk vleis wat lyk soos marmar en smelt soos botter in jou mond. Dit was wragties die lekkerste steaks wat ons al ooit geeet het! Definitief die geld werd... Ons het ook die El Establo restaurant probeer wat Jason se pa voorgestel het. Voorwaar 'n local plek met heerlike steaks, slaaie en die lekkerste sousie ooit! Olyfolie, knoffel, lemmetjiesap, sal die res uitfigure as ons weer by die huis is...
Wat die tango betref, het ons by Confeteria Ideal gestop vir 'n klas. Die plekkie het ons getrek want dis so 'n ou danssaal, met donkerhout en spieels teen die mure en houtvloere. Dit was in 2012 'n 100 jaar oud, nogsteeds 'n plek waar mense daagliks bymekaar kom om te tango, eet, en die lewe te geniet. Gabriela was ons teacher, wat 'n aangename, passievolle mens! Sy het ons waarlik die passie van tango gewys en geleer. Die klas was so lekker en sy so beindruk met Charl se passie :) dat ons besluit het om nog 3 van haar klasse by te woon die week! Waarvan een by haar woonstel was, en ons saam met haar en vriende 'mate' tee kon drink soos net die Argentyne dit doen. ´Mate´ tee is 'n tradisionele argentynse tee wat uit so interessante houertjie gedrink word. Ons het een by die huis, danksy die Argentyn wat oorkant ons bly. Maar ons het gedink dis tabak, dit lyk dan soos 'n pyp!! 'N priceless tyd, die tyd wat ons gehad het saam met Gabriela. Ons gaan definitief aanhou tango en kontak hou met ons teacher!
Intussen het ons probeer aangaan met ons daaglikse lewe en nie te veel soos toeriste tekere te gaan nie. Ons het vinnig besef dat dit uitputtend sal wees en ons nie 4 maande so sal kan volhou nie. Ons het elke oggend gaan draf in die stad, vrugte gaan koop by die local vrugte winkel, ons wasgoed gewas en in goedkoop hostels gebly. En was ons hostel ondervinding in Buenos Aires nie 'n ondervinding nie...
Ons vlug hiernatoe het goed verloop en ons het veilig hier geland. 1ste mission was om slaapplek te kry, en om dit te doen moet ons bus nr. 8 vat na die city centre toe, dankie aan Lonely Planet Guide vir die stukkie hulp! Ons het die busstop van bus nr. 8 gevind, maar toe aanvaar hul net coins, wat 'n baie skaars ding is in Buenos Aires. 'n Vriendelike local tannie was toe so nice om vir ons te betaal, vir ons en 'n student van Brasil wat dieselfde probleem as ons het! Dit was 'n 2 ure lange busrit, maar so het ons 'n klomp geld gespaar en 2 vriende gemaak! Beslis die manier om te travel... Hopelik ontmoet ons vir Roger iewers tydens die Carnival in Brazil! Mission nr. 2 was om slaapplek te kry, en die 1ste drie plekke waar ons stop is volgeboek! so plekkie 4 moes toe doen, nie die beste, maar ten minste ons eie kamer, 'n bed en ons eie badkamer. Het die jetlag sommer vinnig afgeslaap en die volgende dag was ons reg vir aksie en boek ons in by die Hostel International. Baie hip, jonk en besig. Het 'n dorm bespreek, onthou ons is op 'n lae budget, maar wat 'n gemors! Kom ons se maar net, ons het besluit, al moet ons my kar verkoop, ons slaap in ons eie kamer, nie weer in 'n dorm nie! Ons het toe die res van die week in die mooiste ou hostel Estoril gebly, nogal vir die helfte van die prys, met 'n pragtige view! So van nou af pre-book ons net die 1ste nag, en daarna gaan ons eers hostel shopping doen voor ons settle op 'n plek. By die groot hostel het ons lekker ingeskakel en klomp vriende gemaak, waarvan een sommer ´n ´Suid-Afrikaner was! William Dreyer, ´n man wat die wereld toer vir ´n werk! Hy het die dag voor Charl verjaar, so daardie aand het ons bietjie gaan pubcrawl en club saam met die mense van die hostel. Wat ´n lekker party! Nog iets wat ons kon tick, dans tot die oggend ure in ´n club in Buenos Aires!!!
Ons het bietjie detail by die fotos gaan insit, sodat jul dit kan volg soos ons daarvan praat.
Enjoy! Volgende blog is oor Peru en die Amazone!!!!!
- comments
Alecha Sorry, ek sien nou hy maak nie die spasies waar ek dit ingesit het nie! Lyk nou super baie, maar enjoy anyway!