Profile
Blog
Photos
Videos
Hierdie week het so vinnig verby gegaan en soveel dinge wat ons moes doen. Omdat Misti temp kon ons inder goeters saam doen en tog was dit heerlik.
Ek doen vir haar goed by die huis wat andersens moelik sou wees. Ek het ook the battle of the rose gehad die oomblik toe die son lekker skyn. Hier was n ou rosehip bos wat net nie wou vrek nie en ek het net besluit kom wat wl maar jy gaan bars In my sneeu pajamas en slippers soos n regte battle axe.Op my kniee later gegrou en gespartel en probeer kyk hoeveel kaloriee e kan verbrand.
Maar was dit lekker toe ek wortel en tak al my frustrasies op daar die ou bos kon uithaal en die oorwinning smaak. Nou is daar in die bedding regte Highlands heather geplant. Die tuine en blomme nou vir die lente is heel vreemd. Ek ken die name gladnie en selfs die blom prentjies is duister. Ook baie soorte bolle en somer bolle. Die affodille kom nie net ook soos hulle wil deur die gras op nie maar selfs tussen klein klippies en die tulpe ook. Gister het ons n nuwe ranker gekoop vir die rank dingetjie en dis n rankende krismis rose? Climbing Hydrangea? Nog nooit daarvan gehoor nie.
Dis vreemd om alleen te gaan stap en te wander deur die starte, Misti het my oppad werk toe in die dorp afgelaai. Nie n oom of n tannie wat my ken nie. En sy het soos n moeder gewaak of ek nie gesteel word nie.
Die weer is nog grou maar die son kom elke dag deur maar ek wonder hoekom is die sement so grou hier. Die rivier loop ook baie sterk op die oomblik van die sneeu wat in die berge smelt. By die groot brug in die dorp ws daar n man wat blykbaar of geval of in die water gesprng het en wat gered moes word.
Ek het my hare gekleur en dit was n groot glips ek lyk soos n hoer op toer en oet dit nou weer probeer regkry.
Dis dan die some totaal van my moeilike lewe
Bar sin Leibh - of Koebaai in Gaelic tot later
Wat eet mense wat Gaelic praat? Garlic natuurli, my eie sjoepit grappie..
- comments
Rene Ek dink jy lyk ala soos 'n Yeti van al die koue weer. Tyd dat jy terug kom en bietjie ontdooi!!! Bring die hond saam sy lyk cool, die vis kom al na my toe as ek hom kos gee. Hy b**** net as ek hom optel om in skoon water te sit. Groete vir die kinders