Profile
Blog
Photos
Videos
Sondag was toe die dag vir die familie uitstappie na Plodda falls.
Sheila die Alsation is saam en ons is toe hier langs Lochness verby, Drummnadrochit,Lochness en ander woorde wat ek in elke geval nie kan spel nie.
Dit was sowat n uurtjie se ry op n nou paadjie in die berge in. Die mense stap oral met al die honde en rugsakke en stokke.
Toe kom ons by Tomick en daarna by Plodda falls. Dit is n mooi waterval in n woud. Ons het lekker gestap en hond lekker gehardloop.
Toe drink ons tee met skotse brosbrood en prawn sandwiches? Yeg! Maar die koekies was lekker tuis gebak.
Dis so ou snoesige hotelletjie net soos in "Fawlty Towers" met die eienaar wat ons bedien wat ook lyk of jy hom kan afstof. Ons is die enigste mense daar.
Dit is soos die plekkies in die flieks wat jy altyd die die Scottish Highlands sien en dink dat jy nog soontoe wil gaan.
Ek sit ook toe dadelik by die tafeltjie by die kaggel want dis mos koud. Nee wat, dit is die enigste tafeltjie met twee messe en vurke? ek kan toe ook nie daar sit nie want...... Dis bespreek??
Hierdie klein plekkie waar daar net seker 10 huise is en die hotelletjie is waar Lord Tweedmouth die Golden Retriever honde ras begin het. Dan kom hou die golden retriever vereeniging dan jaarliks met hulle honde hulle hondjie dag.
Die gawe Lord het ook die woude daarom begin. Op al die berg pieke is sneeu met hierdie idilliese plase en gelukkige skape wat vrolike groen gras eet.
Te mooi,te mooi
Praat weer
Pollie van Prittanje laas nog van Pretoria
- comments