Profile
Blog
Photos
Videos
Uitstappie ek vra of os moet padkos vat?
Ons is toe oppad met groot afwagting na Dores dis n klein village by Loch ness en ons gaan daar met die hond stap.
Ek maak reg om padkos en water te vat, toe ons ry. Dit is toe 6myl van die huis af!!! Dis sowat 12,5 km.
Die meer van Lochness is groot ,nie so wyd nie maar baie lank. Dis sowat 70 km lank.
Daar is N nutcase wat jare gelede sy werk opgegee het om net na die lochness monster te kom soek. Hy het al sy eie posbus en die ou karavaantjie is al opgeroes maar hy wag nog steeds. In die meer is daar geen visse of lewe nie. Net n soort alg dingetjie. Die meer is diep met pragtige berge en bome daarom.
Om die meer is daar n paar klein dorpies met onuitspreekbare name. Inverness is maar die sentrale dorp waar almal werk.
Die natuur is asemrowend en oral stap mense,kinders en honde.
In Brittanje mag n mens oral stap en kamp in die veld. As dit op n plaas is gaan se jy net vir die boer dat jy vanaand gaan tentjie opslaan in sy kampie??
Die uitstappie was so prettig maar toe ons terug kom by die huis het die weer lekker opgeklaar. Party dae word die weer nou sowat 13 grade en oral steek die blombolle kop uit en gaan binnekort blom.
Pollie van Pretoria en Prittanje
- comments
Smallie Mooi storie- ek hou van daai Kamp reels en dan ook die afsluiting Pollie v Pretoria maar nou ook van Brittanje.Mooi dag en groete vir alaml Watter kamp reelsMisti het begin werk maar is baie moeg vandag. Lyk nie goed vandag nie